76ste Oscar-toekenningsaand

  76ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 29 Februarie 2004
Plek Kodak-teater, Los Angeles
Aanbieder Billy Crystal
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Lord of the Rings: The Return of the King
Meeste pryse  The Lord of the Rings: The Return of the King (11)
Meeste benoemings  The Lord of the Rings: The Return of the King (11)

Die 76ste Oscar-toekenningsaand is op 29 Februarie 2004 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2003. Billy Crystal was vir die agtste keer die aanbieder.

The Lord of the Rings: The Return of the King het ’n rekord opgestel deur vir al 11 sy benoemings Oscars te wen, insluitende beste prent en regisseur.[1] Die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron het die Oscar vir beste aktrise ingepalm.

Ná die omstrede vertoning tydens die Super Bowl XXXVIII toe Justin Timberlake ’n stuk van Janet Jackson se uitrusting afgetrek en haar bors ontbloot het, het die uitsaaikorporasie ABC besluit om ’n vertraging van vyf sekondes in die uitsending in te werk om ’n soortgelyke voorval te voorkom.[2] Die president van AMPAS, Frank Pierson, het beswaar aangeteken – volgens hom was dit nie ’n regeringsensuur nie, maar "’n netwerkverteenwoordiger wat in effek raai wat ’n regering sal toelaat, en dit kan selfs erger wees".[3] Hierop het die vervaardiger van die seremonie, Joe Roth, geantwoord dat net vloekwoorde uitgesny sou word en nie dele van politieke toesprake nie.[4]

Die seremonie het gemengde reaksie onder resensente uitgelok. Baie het dit beskou as flou en oninteressant en die vertraging in die uitsending is ook gekritiseer.[5][6][7] Ander publikasies was positiewer en het veral Crystal se aanbieding geprys.[8][9]

  1. Morales, Tatiana (13 Februarie 2009). "Peter Jackson, Lord Of The Oscars". CBS News. CBS Corporation. Besoek op 24 Julie 2013.
  2. Carey, Matt (5 Februarie 2004). "ABC to impose delay on Oscar telecast". CNN (in Engels). Time Warner. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 25 Julie 2013.
  3. Cadorette, Guylaine (11 Februarie 2004). "Academy Miffed about Oscar Tape Delay, Black Eye for the Nerdy Guy, DJ Rick Dees Ends Morning Radio Show, More..." Hollywood.com. Hollywood.com, LLC. Besoek op 29 Julie 2013.
  4. Susman, Gary (11 Februarie 2004). "Snippy Response". Entertainment Weekly (in Engels). Time Warner. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 29 Julie 2013.
  5. Johnson, Steve (1 Maart 2004). "Crystal's no ball in tepid Oscar show". Chicago Tribune (in Engels). Tribune Comapny. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2018. Besoek op 9 Julie 2013.
  6. Shales, Tom (1 Maart 2004). "A Clean and Boring Sweep". The Washington Post. The Washington Post Company. Besoek op 22 Julie 2013.
  7. Goodman, Tim (1 Maart 2004). "Unlike 'Lord of the Rings,' this year's Oscars were a yawner – with good ads". San Francisco Chronicle (in Engels). Hearst Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 29 Julie 2013.
  8. Tucker, Ken (12 Maart 2004). "The Show". Entertainment Weekly (in Engels). Time Warner. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2014. Besoek op 9 Julie 2013.
  9. Bianco, Robert (1 Maart 2004). "Crystal's return enlivens predictable show". USA Today (in Engels). Gannett Company. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2016. Besoek op 8 Julie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search